Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf
ibook

Algemeen / General


Jaggemeenskap Verloor Twee Bekendes
04 Apr 2017

Jan van der Walt
Jan van der Walt

Rouald Naudé
Rouald Naudé

Latest News

Dit was met hartseer dat Pot-Shot verneem het van die onlangse heengaan van twee bekendes in die jag en sportskiet industrie. Oom Jan van der Walt sowel as Rouald Naude is albei gedurende September oorlede.

Jan van der Walt, stigter van Wild & Jag-tydskrif en tot onlangs ook die hoofredakteur en uitgewer, is twee weke gelede oorlede. Oom Jan was vir etlike dekades in die wildindustrie betrokke en sal onthou word vir die talle bydraes wat hy op verskeie vlakke gemaak het. Hy was vir jare lank 'n amptenaar van die SA Landbou Unie en was gemoeid met die stigting van die Wildboer Organisasie, wat onder andere daarin geslaag het om wild ook onder die beskerming van die Veediefstalwet te bring. Sedert sy aftrede in 1994 het oom Jan die tydskrif wat vandag as Wild & Jag bekend staan bestuur en dit van krag tot krag geneem.

Rouald Naude was ook 'n ou bekende vir talle jagters en sportskuts wat hom leer ken het sedert sy dae as 'n verkoopsman by VLT in die 1990's en in latere jare by Safari & Outdoor. Hy is aan die begin van September oorlede. Rouald was 'n kenner op die gebied van vuurwapens sowel as 'n entoesiastiese sportskut met dekades se ondervinding. Rouald sal onthou word as 'n aangename mens wat sy kennis mildelik gedeel het met kliente, altyd gereed gestaan het met kundige advies en passievol oor sy industrie was.

Pot-Shot dra graag medelye oor aan familie en vriende van oom Jan en Rouald.

[ Back ]



lekker wild

pinot