Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Springboknek en -blad vir dié Potjie
Deur springbok potjie
28 Sep 2016
[In English]

Latest News

Daar is mos mense wat nie weet wat om met 'n springboknek en -blad te doen nie. Ek glo: gooi hom in die pot.

Terloops nou die anderdag sê baaskok Gert Leisching, uitgetrede voorsitter maar nog aktiewe lid van die lewendige Oos-Rand-tak van die SAJWV, so ewe voor 'n hele mediageselskap hy gebruik nooit wyn in sy resepte nie.

Kyk, so 'n onomwonde "statement"� komende uit so 'n oord het my regop laat sit, want ek is mos een van daardie manne wat glo in die vrug van die wingerdstok.

En daar is ek darem nie in alte slegte geselskap nie. Seg ene dr Philip Norrie: Die daaglikse matige gebruik van wyn sal mense help om so laat as moontlik jonk te sterf.

En uit sy mond kom ook dié wyse woorde: Wyn is die denkende mens se gesondheidsdrankie.

Daarom, Gert, sal ek maar voortstu met die wyn by my kossies.

Vir dié uitsoekpotjie, waarmee ses mense met gemak tevrede gestel kan word, benodig 'n mens:

'n Springboknek, in skywe gesaag
'n Springbokblad, ontbeen en in blokkies gesny
500 g gesnipperde spekvleis
1 blikkie (340 ml) bier
Sout en peper
5 ml fyn naeltjies
10 ml fyngerasperde neutmuskaat
250 ml asyn
30 ml Worcestersous
250 ml rooiwyn
80 ml tamatiesous
80 ml blatjang
500 g aartappels
12 halwe murgpampoentjies
250 g gekapte wortels
250 g sampioene
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies, gekap
10 mg olyfolie

Metode

"¢ Verhit die olie en verbruin een ui en spek in die pot.
"¢ Sit die nek en blad daarby en laat dit anderhalfuur prut.
"¢ Voeg die ander ui by, asook die knoffel. Roer 'n paar keer om.
"¢ Voeg die bier by, geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele, behalwe die groente, by.
"¢ Bedek en smoor tot vleis byna sag is. Voeg die orige groente by, geur met sout en peper en prut nog 30 minute.



GSG

lekker wild

w2c