Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Rekordprys vir Springbokram
04 Apr 2017


Latest News

Related Articles

Die befaamde wildplaas Jules of the Karoo was weer onlangs in die kollig toe daar verlede maand berig is dat een van hulle springbokramme 'n nuwe rekordbedrag behaal het op 'n veiling. Die ram wat eerste op die ranglys ingevolge die Safari Club International-metode (SCI) gelys is en met 'n totale horingmate van 49 5/8' spog, is vir R1,55 miljoen verkoop.

Die ram Hercules is geteel deur mnr. Julian Theron in die Richmond distrik, en is op die afgelope veiling van me. Tina de Jager aan mnr. Jacques Malan van die wildplaas Lumarie verkoop.

Die nuwe rekord verbeter die R1,2 miljoen wat vir die ram Basjan, ook deur Theron geteel in 2014 betaal is. Die mate van Hercules se linkerhoring was in Desember 2016 op die ouderdom van 3 jaar en 6 maande 17 5/8' en regs 18'

Dit is die eerste ram met horings van 18' wat Jules of the Karoo laat opveil het. Volgens Theron het die bok die ideale vorm van die horings wat oor lengte, en buigings op die regte plekke beskik.

Die merkwaardige springbokke van Jules of the Karoo is die resultaat van vier dekades se sorgvuldige teling met springbokke, toe Theron oorspronklik die visie ontwikkel het om die beste gehalte springbokke op die mark te teel. In die 1970's het Theron springbokke uit die destydse Suidwes ingevoer om die geenpoel van die springbokke op sy plaas te verbeter.

Hercules is 'n produk van die kruistelingprogram in Theron se Damkamp waarin Damara-genetika en Kalahari-bokke gebruik is. Dit is die derde 18' bok uit die projek met verskeie ramme wat horings van langer as 17'het.

Theron was egter nie verbaas oor die prys wat sy spogram behaal het nie, want springbokke met 18' horings is baie seldsaam.

Daar was nog 'n hele paar mense rondom R1 miljoen wat gebie het omdat die bok so skaars is. Mense is bereid om baie vir skaars wild te betaal.

[ Back ]



T&J