Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Benutting/Utilization


Warm Nuus oor n Wilde Maalvleisresep
02 Apr 2017
[In English]

Latest News

n Vriend het die resep per pos aan my gestuur en ek het die eienaardigste gewaarwording gehad. Op die posseell op die koevert het die gesig van Nelson Mandela gepryk. Sien, normaalweg kyk hy reguit voor hom uit, maar dit het my so al gelyk of hy hom omdraai en oor sy skouer loer om my resep in die koevert te probeer lees.

Ek kon 'n fout gemaak het. Dis algemene kennis dat ek al soms in die verre verlede foute gemaak het. Maar ek het gesien wat ek gesien het.

Hoe dit ook al sy, vir hierdie warm dis benodig jy die volgende van jou inkopiemandjie:

2 dlp olyfolie
500 g wildmaalvleis
3 tlp gedroogde komyn
1 tlp seesout
½ tlp gemaalde witpeper
1 dlp rissiepoeier
1 jalapenorissie, fyngemaal
1 ui, in ½ cm stukke gekap
2 wortels, fyngekap in ½ cm-stukke
2-3 knoffelhuisies, gemaal
1 rooi Spaanse rissie, in ½ cm-stukke gesny
1 blik fyn tamaties
3 blikke bone, gespoel en gedreineer
2 dlp bruinsuiker of heuning
1 bossie koljander, gespoel en fyngekap

Metode:

- Verhit olyfolie in Ëœn groot soppot oor medium hitte. Verbruin die wildmaalvleis in klein porsies, roer dit die eerste halfminuut glad nie onder wyl die vleis sis en verbruin.
- Wanneer al die maalvleis verbruin het, sit dit terug in die pot en voeg komyn, sout, witpeper en rissiepoeier by.
- Roer en kook 5 minute teen hoe hitte. Voeg uie, wortels, knoffel en rooi Spaanse peper by en roer dit goed.
- Kook nog vyf minute totdat die groente sag is.
- Voeg fyn tamaties, sowel as 'n blikkie water (spoel eenvoudig die tamatieblik met water en giet dit in die pot) boontjies, suiker en die helfte van die koljander.

Verhit to kookpunt en verlaag dan die hitte, bedek die pot en laat dit 'n uur lank sag prut.

Verwyder van stoof, roer die oorblywende koljander by en pas die kruie aan.
Bedien saam met korsige brood.



GSG

lekker wild

w2c